Welkom in Hermanus

Ou Hawe, HermanusGoeie Vrydag 18 April wanneer die maan oor die oseaan sy verskyning maak, sal ‘n groep amateurs die geboorte, lewe en lyding tot die opstanding van Jesus, in die mees asemrowende toneel op die rotse van die Ou Hawe in Hermanus opvoer. Die Hermanus Passiespel word vanjaar vir die 19de jaar aangebied onder leiding van Fanus Le Roux.

'n Baie besonderse instelling is verlede jaar geneem deur nagmaal te voorsien aan elke toeskouer en elke deelnemer die betrokke aand. Wanneer JESUS die nagmaal vir sy Dissipels aan tafel tydens die spel instel is dit dan ook die voorreg van die toeskouers om die nagmaal saam met JESUS en sy Dissipels te gebruik.

Lees verder...

Skrywer

Tannie Lisma Kotze
Tannie Lisma Kotze

Die Passiespel is geskep deur Tannie Lisma Kotze. In 1995 het sy daarmee begin want sy wou die beste tot die Koninkryk bydra. Baie het haar afgeraai omdat dit te groot sou wees om dit bymekaar te bring en nie sou realiseer nie. Sy het deurgedruk en die wonderlikste toneelspel ooit geskep.

Regisseur

Fanus le RouxFanus le Roux

"Producing the passion play, year after year, is a way for most of us to reaffirm our faith," says Fanus. "For me it is a soul thing, a way to thank God for giving me a second chance on life after a very bad accident when I fell four storeys high from a scaffold."

Hoofrol

Reichard SingletonReichard Singleton

"Op 'n dag in 1994 het 'n baie entoesiastiese gryskopdame by die kwekery waar ek gewerk het, aangekom en gesê sy soek spelers vir die Passiespele! Ek het nie eers geweet wat 'n Passiespele was nie, sy het kortliks verduidelik en wou nie nee as antwoord aanvaar nie. Nou loop dit al 17 jaar!"